WEER IN BETHLEHEM

Izaan Reinecke

Naam en Van: Izaan Reinecke

Waar het jy groot geword? Randfontein

Hoe het jy opgeeind by radio? Ek het, na ons van die Rand af plaas toe gekom het, my man het kom boer, en ek met ‘n nuwe sangloopbaan… Ek het vir Maluti FM my CD geneem om te hoor of hulle dit sal speel. Corne v Noordwyk het my gevra of ek nie ‘n vryskytomroeper vir Maluti FM sal wees nie. Die res is geskiedenis.

Wat maak jou lief vir radio? Die agter-die-skerms dinamika wat soveel potensiaal het om mense se lewens te verryk en inspireer. Musiek is ook noodsaaklik vir die siel!

Program wat jy aanbied? Ligtoring – ‘n Gesinsprogram

Gunsteling kos:  Enige iets Eksoties! (Olywe, avo!)

Gunsteling fliek:  Daar is baie – eerder Gunsteling Boek – Redeeming Love (Francine Rivers)

Gunsteling vakansie bestemming: Die see!

Geheime talent?  Ek kan mense positief motiveer, maar my kinders sê egter ek kan ‘n grappie in ‘n “lecture” verander!

Gunsteling slagspreuk?  “In life – Manners matter, but Humor is a must!”

“Ek het nie ‘n gees van vrees nie, maar van liefde, krag & selfbeheersing.” _2 Tim 1:7