Naam en Van: Emaurans Fourie
Waar het jy groot geword? Bethlehem
Hoe het jy opgeeind by radio? My pas was ‘n gereelde luisteraar van Maluti FM en na ‘n heerlike uitstappie in Harrismith het ek die aand ‘n versoek en boodskap ingestuur om hom te bedank. Die stasiebestuurder het my stem gehoor en die volgende dag gebele om te hoor of ek sal inkom vir ‘n onderhoud. Met my eerste nuusbulletin het ek die pos gekry.
Wat maak jou lief vir radio? Dit is ‘n ongelooflike adrenalien “rush” om jou program per sekonde die lig te laat sien. Dit is ‘n besonderse voorreg om intiem elke gebeurtenis met luisteraars te kan deel en ‘n werklike verskil te kan maak.
Program wat jy aanbied? Sand in die Uurglas
Gunsteling kos: Bees fillet met sampioen sous
Gunsteling fliek: Te veel op my lys
Gunsteling vakansie bestemming: Parys, Frankyk
Geheime talent? Skilder
Gunsteling slagspreuk? “Daar is ‘n kinkel in die kabel”, menend daar is ‘n verassing.